14 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-05-2026 só ingevul:
Ouma gebruik ........ as kors vir die melktert.
croissantetjies croissantjies croissankies croissanties
Die verkleiningsvorm van "croissant" is "croissantjie". Alle woorde wat eindig op ʼn "d" of ʼn "t" kry "-jie" in die verkleiningsvorm.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die ........ met die skoenlappermotief was vir haar pragtig.
kammitjie kammietjie kamiki kammetjie
Die [i]-klank word in die verkleiningsuitgang "-etjie" deur "e" weergegee.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die siekte ........ kom veral in koeie voor ongeveer een week voor en twee weke ná kalwing.
Woorde wat in Afrikaans met die voorvoegsel "sub-" begin, kry normaalweg nie 'n koppelteken nie. Die woord "rumenasidose" is 'n samestelling van twee naamwoorde "rumen" en "asidose". Samestellings word vas geskryf
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ waarborg Amanda dat sy al die geld wat sy verloor het, sal terugkry as sy 'n week in yskoue water bad.
slegs sanghoma sangoma of sangôma slegs sangôma slegs sangoma
Wanneer 'n lang [ᴐ:]-klank in 'n beklemtoonde, oop lettergreep van leenwoorde uit Afrikatale voorkom, word dit gewoonlik met 'n "o" weergegee. Die spelling met die "ô" word in hierdie geval om historiese redes ook aanvaar. Die woord "sangoma"of "sangôma" is 'n leenwoord uit Zoeloe.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)