11 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-05-2026 só ingevul:
My tannie is in haar slaap oorlede. Watter woordsoort is "oorlede"?
werkwoord bywoord adjektief selfstandige naamwoord
’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is die graf van die “oorlede” staatspresident.
Mari Willemse het jare lank in 'n ........ gesing.
a cappelakoor a cappellakoor a cappella-koor a capella-koor
Wanneer 'n vreemde woord met 'n Afrikaanse woord verbind word, word 'n koppelteken gebruik. "A cappella" beteken oorspronklik 'van die kapel/klein kerkie', aangesien mense daar sonder begeleiding gesing het. Dit is 'n leenfrase uit Latyn (via Italiaans) en die oorspronklike skryfwyse (met dubbel-p en dubbel-l) word dus behou. In die AWS en die nuwe HAT (2015) word slegs hierdie skryfwyse erken.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die wenner van die wedloop het die ander atlete heeltemal ........ .
geoorskadu oorgeskadu oorskadu geöorskadu
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Dit is van die ........ belang dat jy jou kind betyds by die skool moet inskryf.
uiterste uiterse uiters
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “van die uiterste belang”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)