2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 11 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-05-2026 só ingevul:



As jy die vrug onder die mikroskoop bekyk, kan jy die ........ sien.
feesels
4 % (afgerond)fesels
4 % (afgerond)veesels
93 % (afgerond)vesels 

In oop lettergrepe (soos in die woord "vesel") word die vokale "a", "e", "o" en "u" nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Schubert het ure voor die klavier gesit en ........ .
bekomponeer
33 % (afgerond)gekomponeer 
65 % (afgerond)komponeer
2 % (afgerond)komponieer

Die verledetydvorm van werkwoorde in Afrikaans kry "ge-" as voorvoegsel om verlede tyd aan te dui. Hoewel "komponeer" op "-eer" eindig, het die woord meer as twee lettergrepe en kry dus altyd ’n "ge-" in die verlede tyd.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Volgens die Bybel is ........ die Seun van God.
96 % (afgerond)Christus 
2 % (afgerond)Christus of christus
christus
3 % (afgerond)Kristus

Godsdienstige eerbiedsbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die speler het die bal hard ........ .
gedrywe
1 % (afgerond)gedreif
54 % (afgerond)gedryf
44 % (afgerond)gedryf of gedrywe 

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “dryf – drywe”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties