2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 05 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-05-2026 só ingevul:



Ons het lekker gelag vir ou Piet se grap.
Wat is die woordsoort van "grap" in bostaande sin?
7 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
1 % (afgerond)bywoord
2 % (afgerond)voornaamwoord
91 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “grap - die grap - grappe”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ons het vandag ’n nuwe ........ gekry.
97 % (afgerond)wasmasjien 
was masjien
2 % (afgerond)wasmesjien
was-masjien

Die woorddele "was-" en "masjien" vorm saam ’n samestelling van selfstandige naamwoorde en word dus vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Johannes is 'n ........ in die landdroskantoor.

KLERK
96 % (afgerond)klerk 
4 % (afgerond)Klerk

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kunstenaar”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die verhaal handel oor die lief en ........ van mense op 'n klein plattelandse dorpie.
95 % (afgerond)leed 
2 % (afgerond)sorge
1 % (afgerond)gemoedelikheid
2 % (afgerond)haat

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “lief en leed”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties