2115 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 20 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-04-2026 só ingevul:



Ek dink jy slaan die bal mis.
Onder watter subkategorie van woordsoorte val die woord "bal" in bostaande sin?
14 % (afgerond)eiename
80 % (afgerond)soortname 
2 % (afgerond)versamelname
3 % (afgerond)speelname

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "bal", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



My jongste sussie kan nie ophou praat oor die ........ wat verlede week voor George-hulle se huis gestaan het nie.
3 % (afgerond)2 deur Renult
5 % (afgerond)2deurRenault
26 % (afgerond)2-deur-Renault 
66 % (afgerond)2-deur Renault

In eienaamverbindings wat as soortname optree en wat begin met 'n nie-eienaamgedeelte gevolg deur 'n eienaamgedeelte, word die dele met 'n koppelteken vas geskryf (AWS 14.10).
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Die nuwe kabinetslede is bloot ........ van die vorige regering.
1 % (afgerond)pionnens
98 % (afgerond)pionne 
pions
1 % (afgerond)pionens

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud (AWS 13.2). Die "n" word verdubbel om aan te dui dat die voorafgaande klank kort is.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Wag vir ons, ons is ........ !
45 % (afgerond)oppad
1 % (afgerond)op pat
opad
54 % (afgerond)op pad 

Die kollokasie "op pad" is nie 'n samestelling nie, voorsetsels plus naamwoorde word gewoonlik los geskryf, byvoorbeeld "op pad", "by wyse van", "op las" en "op mekaar"
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties