2115 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 17 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-04-2026 só ingevul:



Die ........ was grootliks suksesvol.
2 % (afgerond)tertafel legging
23 % (afgerond)ter tafellegging
21 % (afgerond)ter tafel legging
54 % (afgerond)tertafellegging 

Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ing") wat 'n woordgroep ("ter tafel lê") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Ons het maar langsamerhand agtergekom hoe skelm sy is.
Wat is die woordsoort van "langsamerhand" in bostaande sin"?

46 % (afgerond)bywoord van wyse 
8 % (afgerond)bywoord van graad
34 % (afgerond)bywoord van tyd
12 % (afgerond)bywoord van modaliteit

Bywoorde modifiseer die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "langsamerhand", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Soos koeie bulk, so sê ons bulle ........ .
27 % (afgerond)snork
47 % (afgerond)brul 
22 % (afgerond)balk
3 % (afgerond)grom

Koeie bulk, bulle brul en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



As ek gaan uiteet, drink ek net ........ - die ander wyn is net nie vir my lekker nie.
18 % (afgerond)pinotage
16 % (afgerond)Pinotage
65 % (afgerond)Pinotage of pinotage 

Die name van kultivars of tipes kan met 'n hoofletter of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties