16 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-03-2026 só ingevul:
Ek gaan vir my ʼn nuwe raket koop. Wat is die woordsoort van "my" in bostaande sin?
wederkerende voornaamwoord persoonlike voornaamwoord besitlike voornaamwoord betreklike voornaamwoord
'n Voornaamwoord is 'n woord wat in plaas van 'n selfstandige naamwoord gebruik kan word. Daar is verskillende kategorieë: persoonlike, onpersoonlike, betreklike, besitlike, vraende en onbepaalde voornaamwoorde. Besitlike voornaamwoorde dui besitting aan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die Romantiek is gekenmerk deur verhale oor liefde en die ........ van feetjies en kabouters.
toorwerwêreld towerwêreld toverwêreld towerwereld
ʼn Samestelling (“towerwêreld”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“tower” en “wêreld”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Harold se brief aan die koerant het baie reaksie ........ .
geontlok geöntlok ontlok ontgelok
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)