06 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-03-2026 só ingevul:
Wat is 'n "tummy tuck" in Afrikaans?
slegs apdominoplastiek slegs abdominaplastie abdominoplastiek of abdominoplastie slegs abdominoplastie
Die woord "abdominoplastie(k)" is 'n neoklassieke samestelling en bestaan uit die volgende Latynse en Griekse dele: "abdomen" 'maag' (stam: "abdom"; Latyn) "-o-" is 'n verbindingsmorfeem "plastiek" 'die daad om iets te vorm' (gevorm uit die Griekse "plassein" 'om te vorm')
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hierdie sjokolade is tog te lekker! Wat is die woordsoort van "te" in bostaande sin?
voegwoord partikel tussenwerpsel skakelwerkwoord
Partikels of deeltjies is kort woorde wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie, byvoorbeeld die tweede “nie” in ’n sin, “se”, die “te” wat graad aandui, “van” wat ’n gedeelte aandui, “so” en “soos”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Dit is 'n ........ wat jy nou vertel het!
invame leun infame leuen infame leen invame leuen
'n "Leuen" is 'n onwaarheid wat vertel is, terwyl "leun" 'n werkwoord is wat 'lê teenaan' beteken. "Leen" kan óf 'n meisie se naam wees, óf om iets by iemand te "leen".
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Om ongeskik te wees met kinders is vreeslik ........ .
on-Duits Onduits onduits onDuits
Duitse mense is daarvoor bekend dat hulle nie ongeskik is met kinders nie. Wanneer byvoeglike naamwoorde gevorm word van eiename of ander hoofletterwoorde met die Afrikaanse voorvoegsel "on-", word die voorvoegsel en die res van die woord met kleinletters geskryf sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)