05 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-03-2026 só ingevul:
Die studente het in oproer gekom toe hul klasgeld die tweede keer verhoog is. Wat is 'n sinoniem vir "oproer" in bostaande sin?
vrede opstand moles bewaring
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die ........ wat ek moet werk, is gelukkig net twee ure lank.
skofkie skoftjie skofje skoffie
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die Gautengse ........ het swak regering die skuld gegee vir die betogings oor dienslewering.
slegs departement van Menslike Nedersettings Departement van Menslike Nedersettings of departement van menslike nedersettings slegs Departement van Menslike Nedersettings slegs departement van menslike nedersettings
Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) (AWS 9.9). Dit sluit in die name van staatsdepartemente, fakulteite by universiteite, politieke partye, nieregeringsorganisasies en kerke.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die vriende het weer ........ na 'n intense bakleiery.
versoen opgemaak
Die antwoord is "versoen", aangesien "opgemaak" in hierdie konteks 'n anglisisme is.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)