05 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-03-2026 só ingevul:
In opdrag van die restouranteienaar het sy die sjef ge-e-pos om die ........ te bestel.
bestantdele bestaandele bestanddele bestandele
ʼn Samestelling (“bestanddele”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“bestand” en “dele”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die studie van swamme heet "swamkunde" of " ........ ".
mikölögie mikölogie mikolögie mikologie
Die klinkers in "mikologie" word nie as dubbelklanke uitgespreek nie, en kry dus geen deeltekens nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.
As jy onverskillig of roekeloos is, word jy 'n ........ genoem.
lafaard bangbroek laspos waaghals
'n Waaghals is 'n onverskillige persoon of iemand wat professioneel toertjies doen. 'n Bangbroek of 'n lafaard hardloop weg van gevaar; 'n laspos is iemand (meesal 'n kind) wat ander aanhoudend pla.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Ek is lief vir ........ .
Afrikaans afrikaans
Afrikaans is 'n taalnaam en word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)