2101 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 04 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-03-2026 só ingevul:



Die polisie het ........ wie die moord gepleeg het.

99 % (afgerond)bewys 
begewys
1 % (afgerond)gebewys
bewysde

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die boer is besig om sy landerye te ........ .
1 % (afgerond)strop
88 % (afgerond)stroop 
11 % (afgerond)strip

In geslote lettergrepe (soos in die woord “strop”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Ek was baie ........ toe ek nie vir die operette gekies is nie.
te leur gesteld
99 % (afgerond)teleurgesteld 
1 % (afgerond)teleur gestel
teleur gesteld

ʼn Samestelling ("teleurgesteld") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("teleur" en "gesteld") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die woord "skep" in die volgende sinne is ’n ........ .
Die vroue skep met ʼn emmer water uit die rivier.
Die kunstenaar skep ’n kunswerk.
1 % (afgerond)antoniem
5 % (afgerond)homofoon
93 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "skep" (‘kos of water skep’) en "skep" (‘iets maak’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties