26 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-02-2026 só ingevul:
Suid-Afrika spog deesdae met verskeie bekende ........ .
modeontwerpers modeöntwerpers mode ontwerpers mode-ontwerpers
ʼn Samestelling ("modeontwerper") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("mode" en "ontwerper") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die soldaat het sy lewe vir sy volk ........ .
geoffer geöffer geöfferd geofferd
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “pensioen”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die man het hom ........ van die tiende verdieping geval.
klipdood mossiedood morsdood stokdood
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
'n ........ is 'n heerlike vrug.
Appel appel
As die eerste woord van 'n sin met 'n afkappingsteken begin (byvoorbeeld die onbepaalde lidwoord), word dié woord met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter, tensy dit 'n syfer, getal, kleinletter of simbool is.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)