25 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-02-2026 só ingevul:
Om te gesels ........ is lekker.
, geen leesteken -
Tussen die infinitiefskonstruksie "om te" en 'n ander (koppel-)werkwoord is 'n komma nie nodig nie.
Sien ook die bladsy Komma.
Navorsing is gedoen met die ........ of Hess soos dit algemeen bekend staan.
hoë-energie- stereoskopiese stelsel hoë energie-stereoskopiese stelsel hoë-energie stereoskopiese -stelsel hoë-energie stereoskopiese stelsel of hoë energie- stereoskopiese stelsel
Volgens die jongste AWS (2017) is die koppelteken by afstandsamestellings verpligtend, byvoorbeeld - "hoë-energie- stereoskopiese stelsel" (AWS 12.24). In hierdie geval is die koppelteken tussen "hoë" en "energie" ook opsioneel aangesien die weglating daarvan geen leesbaarheidsprobleme veroorsaak nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Alhoewel ek Duits op skool as 'n vak gehad het, is hierdie teks wat in ........ geskryf is vir my onverstaanbaar.
Hoogduits Hoog-Duits Hoog Duits hoog-Duits
Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
'n Alliansie van hoëronderwysinstansies het hul ........ die uitbou van burgerlike rolle en maatskaplike verantwoordelikhede.
verbind oor verbind tot verbind met
In hierdie konteks verwys "verbind tot" na 'n 'verpligte ooreenkoms'. "Verbind met" beteken om 'saam te voeg' of om 'telefonies te verbind'.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)