25 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-02-2026 só ingevul:
Die kole smeul in die ........ .
stoofje sooftjie stofie stoofie
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn lang uitgespreekte “a”, “e” of “o”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die betrokke “a”, “e” of “o” word enkel geskryf omdat dit dan in ʼn oop lettergreep voorkom (AWS 15.1).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Tydens ons ........ aan Kaapstad was ons by die Kasteel die Goeie Hoop.
besoek bessoek busoek bisoek
Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf, byvoorbeeld "besoek", "artikel", "nakend", "begelei" (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Ek kan nie vanaand gaan fliek nie; ek is ........ .
platsak plat sak plat-sak
Byvoeglike naamwoorde ("plat") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde ("sak") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde ........ .
gespel word klink betekenis het
Voorbeelde van sinonieme sluit in: "bly" > "opgewonde" of "verheug"; en "niksnuts" > "deugniet", "karnallie" of "rakker".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)