2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-02-2026 (vlak 1)



vorige toets 24 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-02-2026 só ingevul:



Mankoe vertroetel die katjie in haar hande.
Wat is die woordsoort van "vertroetel" in hierdie sin?
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord
98 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)bywoord
voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "vertroetel" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Leonora se ........ neem af wanneer sy die persoon wat sy moet oortuig aantreklik vind.
2 % (afgerond)oorreding vermoë
oorreding-vermoë
90 % (afgerond)oorredingsvermoë 
8 % (afgerond)oorredingvermoë

Die "s"-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in 'n samestelling op "-ing", "-skap", "-heid" en "-(i)teit" eindig. Ander voorbeelde sluit in: "gemeenskapsforum", "veiligheidshek" en "identiteitskrisis".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Ons skool se beste ........ het in al ses afdelings waaraan sy deelgeneem het, uitgeblink.
4 % (afgerond)gimnastikus
2 % (afgerond)Gimnas
1 % (afgerond)gimnasteur
93 % (afgerond)gimnas 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "gimnas", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Vir ........ en drank.
5 % (afgerond)speis
2 % (afgerond)spuis
93 % (afgerond)spys 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "vir spys en drank"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties