2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-02-2026 (vlak 2)



vorige toets 23 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-02-2026 só ingevul:



Die klokke het om middernag die nuwe jaar ingelui.
Wat is die woordsoort van "middernag" in bostaande sin?
7 % (afgerond)adjektief
26 % (afgerond)bywoord
1 % (afgerond)tussenwerpsel
66 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens gewoonlik 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “uitvinding - die uitvinding – uitvindings”. Die woord "middernag" word egter gewoonlik sonder 'n lidwoord en gewoonlik slegs in enkelvoud gebruik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Juffrou Grobler het ons vanoggend in die rekeningkundeklas geleer hoe om die ........ te bereken.
2 % (afgerond)gelyk breekpunt
gelyk breek punt
96 % (afgerond)gelykbreekpunt 
1 % (afgerond)gelykbreek-punt

'n Samestellende samestelling bestaan uit 'n stam ("punt") wat 'n woordgroep ("gelyk breek") saambind sodat dit vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Een van my oom se ........ is dat dit gelukkig is om eers jou linkerskoen aan te trek.

2 % (afgerond)bygeloofjies
1 % (afgerond)bygelowentjies
96 % (afgerond)bygelofies 
bygeloofietjies

Woorde wat eindig op “-a”, “-e”, “-i”, “-o”, “-u” wat nie ’n tweeklank is nie en ’n onbeklemtoonde “-ie” of “-ee” eindig, kry “-s” in die meervoud (AWS 14.5).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Tannie Gerda se henne hou aan ........ .
62 % (afgerond)kloek of kekkel 
1 % (afgerond)kraai
3 % (afgerond)kloek
34 % (afgerond)kekkel

Henne kloek of kekkel en hane kraai.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties