2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-02-2026 (vlak 3)



vorige toets 19 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-02-2026 só ingevul:



Die bank het my huis ........ .
8 % (afgerond)herwaardeer of hergewaardeer
1 % (afgerond)hergewaardeer
34 % (afgerond)herwaardeer
56 % (afgerond)herwaardeer of geherwaardeer 

Woorde wat met "her-" begin neem nie gewoonlik 'n "ge-" in die verlede tyd nie. Daar is egter 'n paar uitsonderings wat naas die basisvorm ook "ge-" in die verlede tyd kan neem, soos "herwaardeer" of "geherwaardeer", "hereksamineer" of "gehereksamineer", en "herdefinieer" of "geherdefinieer".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Dis vandag ........ as gister.
3 % (afgerond)warmder
meer warm
96 % (afgerond)warmer 

Waar sekere klanke in 'n woord (verkeerdelik) bygevoeg word, noem ons dit klanktoevoeging.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



Toe Mina aan die Kaap kom, was sy ........ , maar kon haar in Londen verstaanbaar maak. Die tweetalige woordeboek is ........ .

36 % (afgerond)half-Engels, half Engels
14 % (afgerond)half-Engels, half-Engels
37 % (afgerond)half Engels, half-Engels 
13 % (afgerond)Halfengels, half Engels

Taalname as byvoeglike naamwoorde met 'n voorvoegsel, kry 'n koppelteken tussen die voorvoegsel en die taalnaam. Die taalnaam begin met 'n hoofletter, byvoorbeeld "anti-Engels", "half-Duits" (AWS 12.13). 'n Taalnaam wat met 'n bywoord voorafgegaan word, word egter los geskryf, byvoorbeeld: Fimke is "half Afrikaans", maar haar Nederlands is beter.

Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die aardbewing was rampsalig; duisende het hul lewens verloor en groot skade is aangerig!
Watter woord sal die gepaste sinoniem wees om "rampsalig" in bogenoemde sin te beskryf?
28 % (afgerond)bomatig
2 % (afgerond)miniem
36 % (afgerond)futiel
34 % (afgerond)funes 

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. "Funes" is 'verderflik, noodlottig, rampsalig, droewig, treurig'; "futiel" is 'nutteloos, vrugteloos, vergeefs'; "bomatig" is 'buitengewoon'; "miniem" is 'buitengewoon klein, onbeduidend, gering'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
56% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties