2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-02-2026 (vlak 2)



vorige toets 19 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-02-2026 só ingevul:



Die ........ (ook bekend as 'n jagluiperd) is een van Suid-Afrika se mooiste roofdiere.
1 % (afgerond)tjeetah
14 % (afgerond)cheeta
1 % (afgerond)tjeeta
84 % (afgerond)cheetah 

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm. Die AWS en WAT erken "cheetah" as 'n Afrikaanse woord.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Die ooi het 'n ........ gelam.
2 % (afgerond)rammietjie
1 % (afgerond)rammiekie
1 % (afgerond)rametjie
96 % (afgerond)rammetjie 

Woorde wat eindig op "l", "m", "n" of "r" wat voorafgegaan word deur 'n kort, beklemtoonde vokaal, kry 'n verkleiningsvorm met "-etjie" en die "l", "m", "n", of "r" verdubbel (AWS 15.7).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Annemarie is met 'n ........ getroud.
90 % (afgerond)Italianer 
1 % (afgerond)Italiër
6 % (afgerond)Italiaan
3 % (afgerond)Italiaaner

Iemand wat van Italië kom, word 'n Italianer genoem. 'n Italianer het Italiaanse gewoontes en praat Italiaans.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Ons het maar langsamerhand agtergekom hoe skelm sy is.
Wat is die woordsoort van "langsamerhand" in bostaande sin"?

2 % (afgerond)voegwoord
28 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
63 % (afgerond)bywoord 
8 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Bywoord modifiseer die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe het het ons agtergekom? Die antwoord: langsamerhand.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties