2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-02-2026 (vlak 1)



vorige toets 17 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-02-2026 só ingevul:



Die komitee sloer nou al maande lank met sy verslag.
Wat is die woordsoort van "sloer" in bostaande sin?

1 % (afgerond)voegwoord
1 % (afgerond)bywoord
4 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
95 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Frederik kom ........ by my kuier.
40 % (afgerond)Vrydagmiddag of Vrydag middag
1 % (afgerond)Vrydag-middag
51 % (afgerond)Vrydagmiddag of Vrydag-middag 
8 % (afgerond)Vrydag middag

Eienaamverbindings waarin die eienaam as eerste lid optree, word slegs vas geskryf, met of sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Ek het Dinsdag by ........ Botha klas.
20 % (afgerond)Meneer
80 % (afgerond)meneer 

Aanhefvorme wat nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Toe ek die ........ hoor, kyk ek op en hier voor my op die tak is 'n yslike mamba!
2 % (afgerond)gepiep
85 % (afgerond)gesis 
1 % (afgerond)gegons
12 % (afgerond)geblaas

Muise piep, insekte gons, makoue blaas en slange sis. Pofadders kan ook blaas.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties