2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-02-2026 (vlak 1)



vorige toets 16 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-02-2026 só ingevul:



In sommige lande word misdadigers vandag nog ........ .
4 % (afgerond)gesteunig
87 % (afgerond)gestenig 
9 % (afgerond)gesteenig

In oop lettergrepe word die vokale "a", "e", "o" en "u" nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die polisie het die deur ........ .

geäfskop
geafskop
6 % (afgerond)af geskop
94 % (afgerond)afgeskop 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



ʼn ........ vir kranksinniges gaan in Du Toitstraat gebou word.

1 % (afgerond)gestug
3 % (afgerond)Gestug
91 % (afgerond)Gestig 
5 % (afgerond)gestig

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord “ ʼn” begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Eina! Ek het my toon gestamp.
Op watter toon begin die musiekstuk?
Die woord "toon" in bostaande sinne is 'n ........ .
2 % (afgerond)sinoniem
90 % (afgerond)homoniem 
8 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)poliseem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “toon” (‘deel van 'n voet’) en “toon” (‘musieknoot’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties