13 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-02-2026 só ingevul:
Mosambiek het voorheen bekend gestaan as ........ .
Portugeesoosafrika Portugees Oos-Afrika Portugees Oos Afrika Portugees-Oos-Afrika
In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat die onverboë vorm van 'n byvoeglike naamwoord is wat normaalweg 'n attributiewe "-e" neem, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die hoofelement vas geskryf. Ander voorbeelde sluit in: "Ekwatoriaal-Guinee", "Spaans-Noord-Afrika" en "Brits-Columbië". (Bron: AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die amptenaar is ses maande lank geskors en voorts met R20 000 beboet. Wat is die woordsoort van "voorts" in bostaande sin?
bywoord van graad bywoord van tyd bywoord van wyse bywoord van modaliteit
Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van modaliteit - "voorts", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van wyse - "vinnig".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
'n Harem is 'n versamelnaam vir 'n ........ van 'n sultan.
groep vroue groep diere stel kamers reeks geboue
'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Benamings vir 'n aantal gelyksoortige begrippe word ook dikwels gesien as versamelwoorde.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Die hoofstad van Mpumalanga is ........ .
mMbombela Mbombelha Mbombela Bombelha
Mbombela (voorheen Nelspruit) is die hoofstad van Mpumalanga. In Swati beteken dit 'baie mense in 'n klein plekkie'.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)