13 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-02-2026 só ingevul:
Ek doen my werk volgens 'n vaste ........ .
rotine routine roetiene roetine
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "roetine" kom uit Frans.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Die moordenaar het duistere ........ .
motiefs motiewens motiefens motiewe
Woorde wat op ʼn lang vokaal en ʼn "f" eindig, kry "w" in die meervoudsvorm, byvoorbeeld "motief – motiewe".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
........ Die baba slaap, en as julle haar wakker raas gaan julle les opsê! Watter tussenwerpsel sal as waarskuwing dien in bostaande sin?
Ai! Sjuut! O! Foeitog!
Tussenwerpsels (ook uitroepe genoem) word gebruik om verbasing, blydskap, hartseer, pyn, ensovoorts uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Een van die aanloopbane is gesluit en die vliegtuig moes toe omvlieg. Wat is die woordsoort van "omvlieg" in bostaande sin?
werkwoord voornaamwoord byvoeglike naamwoord selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Skeibare werkwoorde vorm die verlede tyd met "-ge-", byvoorbeeld "omvlieg - omgevlieg".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)