2060 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-02-2026 (vlak 3)



vorige toets 11 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-02-2026 só ingevul:



Die minister ........ wat reeds baie gedoen het om onderwys te verbeter ........ het aangekondig dat 100 nuwe skole in Gauteng gebou gaan word.
Watter leestekens is korrek?
38 % (afgerond), en ,
57 % (afgerond)- en - of , en , of ( en ) 
1 % (afgerond)( en )
4 % (afgerond) -

Die aandagstreep word gebruik om 'n parentese aan te dui. Die deel buite die parentese moet grammatikaal korrek wees. Die parentese kan ook met kommas of hakies vervang word.
(AWS 13.1 2017)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.



Die regering het pas die nuwe ........ goedgekeur.
76 % (afgerond)minimumloon
1 % (afgerond)minimale loon
22 % (afgerond)minimum loon 
1 % (afgerond)minimum-loon

Die woorde "minimum" en "maksimum" word meestal as byvoeglike naamwoorde gebruik en dus los van die daaropvolgende naamwoord geskryf. Byvoorbeeld "minimum loon, maksimum snelheid". Dit word slegs as selfstandige naamwoord gebruik wanneer dit nie as 'n samestelling gebruik word nie en 'n lidwoord voorafgaan. Byvoorbeeld, "Ons moet besteding tot die minimum beperk".
Bronne: HAT6
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Haar lewe spreek van ware ........ .
63 % (afgerond)slegs godsvrug 
9 % (afgerond)slegs Godsvrug
28 % (afgerond)godsvrug of Godsvrug

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die komedie wat ons gisteraand gaan kyk het, was ........ .
2 % (afgerond)papsnaaks
1 % (afgerond)lagsnaaks
95 % (afgerond)skreeusnaaks 
2 % (afgerond)vreksnaaks

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties