2060 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-02-2026 (vlak 2)



vorige toets 09 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-02-2026 só ingevul:



Die hotel is nie baie modern nie, maar dit het die voordeel dat dit goed geleë is.
Wat is die woordsoort van "voordeel" in bostaande sin?

2 % (afgerond)eienaam
5 % (afgerond)maatnaam
71 % (afgerond)abstrakte naamwoord 
22 % (afgerond)soortnaam

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "voordeel", "vlaag", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ons het rêrig 'n nuwe luidsprekerstelsel nodig. Ons sal die ........ daaroor moet nader.
51 % (afgerond)fasiliteitskommissie
1 % (afgerond)fasiliteite-kommissie
2 % (afgerond)fasiliteite kommissie
46 % (afgerond)fasiliteitekommissie 

By sommige samestellings is verbindingsklanke ("-s", "-e-", -"er-", "ens") verpligtend, byvoorbeeld "beklaenswaardig", "distriksgeneesheer", "etenstyd" en "fasiliteitekommissie". Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die bedelaar in die straat is nog ........ as die man wat sopas sy motor verloor het.
8 % (afgerond)meer desperater
2 % (afgerond)mees desperaat
mees desperater
90 % (afgerond)desperater 

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “desperaat”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “desperater” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die desperaatste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



........ Jy kan jou darem maar vinnig wip!
Watter tussenwerpsel sal 'verbasing' uitdruk in bostaande sin?
3 % (afgerond)Foeitog!
10 % (afgerond)Hiert!
85 % (afgerond)Jitte! 
1 % (afgerond)Eureka!

Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk.
"Foeitog!" druk bejammering uit; "Eureka!" is 'n triomfantlike uitroep van ontdekking, en "Hiert!" word gebruik as uitroep vir 'n ligte skrik of om 'n gevoel van verwondering uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties