Ons trek nou by hoofstuk sewe in die boek.
'n Telwoord dui aantal of hoeveelheid aan. Daar is twee kategorieë: hooftelwoorde en rangtelwoorde. Bepaalde hooftelwoorde kan in syfers uitgedruk word, byvoorbeeld "5", "24", "300". Onbepaalde hooftelwoorde kan egter nie in syfers uitgedruk word nie, byvoorbeeld "baie", "heelwat", "min", "weinig".
Bepaalde rangtelwoorde dui op 'n bepaalde orde of plek in 'n reeks, byvoorbeeld "eerste", "derde", "vyftiende". Onbepaalde rangtelwoorde dui op 'n onbepaalde plek in 'n reeks, byvoorbeeld "middelste", "soveelste" en "laaste".
Sien ook die bladsy
Woordsoorte.