29 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-01-2026 só ingevul:
Deel van die werk van ons administratiewe personeel is om klagtes oor finansies ........ .
op tevolg opte volg optevolg op te volg
Ons het hier met 'n infinitiefvorm te doen. Wanneer 'n werkwoord soos "opvolg" in die infinitiefvorm geskryf word, word dit los geskryf met die infinitiefpartikel "te" tussen die geskeide dele. Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder: infinitiefpartikel – die “te” in 'om te' besitspartikel – “se” vergelykings partikel – “so” en “soos” skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die ou tannie yl soms. Wat is die woordsoort van die woord "yl" in bostaande sin?
oorganklike hoofwerkwoord statiese hoofwerkwoord bedrywige hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die ou tannie yl soms. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Kan ek asseblief ’n ........ kry?
kaas-en-ham-toebroodjie kaas- en ham- toebroodjie kaas- en ham toebroodjie
Indien ʼn woordgroep van drie of meer woorde ("kaas", "en" en "ham") wat op sigself nie gekoppel word nie, in ʼn samestelling optree saam met ʼn bykomende woord of woorde ("toebroodjie"), word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder ʼn koppelteken vas aan die res geskryf (AWS 12.21).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die dominee het Sondag vir ons die Dekaloog voorgelees. 'n Sinoniem vir "Dekaloog" is ........ .
Tien Gebooie pentateug Evangelie Tora
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir "Dekaloog" is die "Tien Gebooie.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)