0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-01-2026 (vlak 2)



vorige toets 28 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-01-2026 só ingevul:



Sy was ........ genoeg om te erken sy het ʼn fout gemaak.
groot-moedig
98 % (afgerond)grootmoedig 
1 % (afgerond)groodmoedig
groot moedig

ʼn Samestelling ("grootmoedig") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("groot" en "moedig") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Almal was verbaas oor die voorsitter se ........ op die verslag.
reaksi
99 % (afgerond)reaksie 
1 % (afgerond)reäksie
reäksi

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “reaksie”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Met die ........ in die huis val.
99 % (afgerond)deur 
skildery
1 % (afgerond)skottel
televisie

Hierdie idioom beteken 'iets direk, sonder inleiding noem'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Bekende ........ van oor die wêreld heen sak vandeesweek op Sun City toe vir die gholftoernooi.
1 % (afgerond)stokswaaiers
11 % (afgerond)gholfers
1 % (afgerond)gholfmense
87 % (afgerond)gholfspelers 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “gholfspeler”, “kommunis”, “protestant”, “tikster” en "fietsryer". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
96% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties