28 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-01-2026 só ingevul:
Die boemelaar het hom die onbewoonde plaashuis ........ .
toege-eien toe-ge-eien toegeëien
By afleidings of fleksievorme waar 'n opeenvolging van vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort, maar uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort, word die deelteken vir skeiding tussen die woorddele gebruik (bv. "toegeëien"). Die koppelteken word egter by samestellings gebruik waar so 'n opeenvolging van vokaalletters tussen die samestellende woorde voorkom (bv. "toe-eien"). (Bron: AWS 5.5)
Sien ook die bladsy Deelteken.
Ons het rêrig 'n nuwe luidsprekerstelsel nodig. Ons sal die ........ daaroor moet nader.
fasiliteit fasiliteitekommissie fasiliteitsekommissie fasiliteitskommissie
By sommige samestellings is verbindingsklanke ("-s", "-e-", -"er-", "ens") verpligtend, byvoorbeeld "beklaenswaardig", "distriksgeneesheer", "etenstyd" en "fasiliteitekommissie".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Iemand wat van Australië kom, is 'n ........ .
Australiër Australiaan Australianer
Australiese boorlinge word "Australiërs" genoem.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Boere voer vanjaar 'n ........ teen die droogte en stygende insetkoste.
opdraande stryd opdraandestryd opdraendestryd opdraende stryd
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “'n opdraande stryd voer”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “rasend honger”. Sommige mense beskou "opdraande stryd" as 'n samestelling van naamwoorde en wil dit vas skryf. Dit is egter 'n byvoeglike naamwoord "opdraande" en naamwoord "stryd", wat los geskryf word.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)