0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-01-2026 (vlak 2)



vorige toets 26 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-01-2026 só ingevul:



Die ryklik versierde tafel het groot aftrek gekry.
Wat is die woordsoort van "ryklik" in bostaande sin?
2 % (afgerond)voegwoord
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord
58 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
36 % (afgerond)bywoord 

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe is die tafel versier? Die antwoord: ryklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek soek ........ gordyne om by die meubels te pas.
1 % (afgerond)granaat rooi
96 % (afgerond)granaatrooi 
1 % (afgerond)granat rooi
2 % (afgerond)granaat-rooi

Kleuradjektiewe word los van selfstandige naamwoorde geskryf, behalwe in gevalle van samestellende samestellings of samestellende afleidings. As 'n item uit twee kleure bestaan, word die kleuradjektiewe met koppeltekens en 'n "en" geskryf, byvoorbeeld "swart-en-wit foto" of "blou-en-rooi rok". Skakerings word wel vas geskryf, soos "granaatrooi gordyne" of "grysblou lug".

Sien ook die bladsy Samestellings.



Die een is nog ........ as die ander
92 % (afgerond)meer aanmatigend 
5 % (afgerond)meer aanmatigender
3 % (afgerond)aanmatigend

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “aanmatigend”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “meer aanmatigend” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “mees aanmatigend”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die insekte ........ in die gras.

5 % (afgerond)sis
20 % (afgerond)suis
11 % (afgerond)tjirp
64 % (afgerond)tjir 

Dieregeluide is werkwoorde wat gebruik word om geluide wat diere maak te beskryf. Insekte "tjir", voëls "tjirp" en slange "sis". Sien ook: http://af.wikipedia.org/wiki/Dieregeluide.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties