26 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-01-2026 só ingevul:
Die ryklik versierde tafel het groot aftrek gekry. Wat is die woordsoort van "ryklik" in bostaande sin?
voegwoord selfstandige naamwoord byvoeglike naamwoord bywoord
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe is die tafel versier? Die antwoord: ryklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ek soek ........ gordyne om by die meubels te pas.
granaat rooi granaatrooi granat rooi granaat-rooi
Kleuradjektiewe word los van selfstandige naamwoorde geskryf, behalwe in gevalle van samestellende samestellings of samestellende afleidings. As 'n item uit twee kleure bestaan, word die kleuradjektiewe met koppeltekens en 'n "en" geskryf, byvoorbeeld "swart-en-wit foto" of "blou-en-rooi rok". Skakerings word wel vas geskryf, soos "granaatrooi gordyne" of "grysblou lug".
Die een is nog ........ as die ander
meer aanmatigend meer aanmatigender aanmatigend
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “aanmatigend”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “meer aanmatigend” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “mees aanmatigend”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die insekte ........ in die gras.
sis suis tjirp tjir
Dieregeluide is werkwoorde wat gebruik word om geluide wat diere maak te beskryf. Insekte "tjir", voëls "tjirp" en slange "sis". Sien ook: http://af.wikipedia.org/wiki/Dieregeluide.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)