23 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-01-2026 só ingevul:
Kan u vir my sê hoeveel kos die ........ ?
kursesrigistrasie kursusrigistrasie kursusregistrasie kursesregistrasie
Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die tweede “u” in “kursus”), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as “kurses”).
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.
Die onderwyser se aanbieding van die werk ........ by die leerders.
kry byval kry ingang vind inslag
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “inslag vind”; “byval vind”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Mag hierdie beraadslagings 'n ........ maak tot die oprigting van 'n onderwyspilaar.
reuse verskil reus verskil reuse-verskil reuseverskil
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Hoeveel ........ het die alumnigeleentheid bygewoon?
rektorens of rektors slegs rektore rektors of rektore slegs rektors
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is. Byvoorbeeld, "rektore – rektors"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meesal – meestal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)