2118 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 17 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-03-2026 só ingevul:



Jeanette is gewoond daaraan om met die minste oor die weg te kom.
Wat is die stellende trap van "die minste" in bogenoemde sin?
4 % (afgerond)slegs bietjie
1 % (afgerond)bietjie min
45 % (afgerond)slegs min
50 % (afgerond)bietjie of min 

"Bietjie" of "min" is 'n uitsondering op die gewone reëls van trappe van vergelyking.
"bietjie" of "min" - "minder" - "die minste"
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Michael is ........ verklaar en mag nie meer werk nie.
57 % (afgerond)medies ongeskik 
1 % (afgerond)medies-ongeskuk
1 % (afgerond)medies ongeskuk
41 % (afgerond)mediesongeskik

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2); ons skryf dus "medies" en nie "meedies" nie.
In hierdie voorbeeld is "medies" 'n bywoord wat iets meer sê oor die byvoeglike naamwoord "ongeskik" ('nie geskik nie').
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die nuwe musiekvideo van ........ is nogal opspraakwekkend.
Lady gaga
lady gaga
95 % (afgerond)Lady Gaga 
4 % (afgerond)lady Gaga

Alle soorte eiename begin met 'n hoofletter. Aanspreekvorme begin gewoonlik met kleinletters ("Geagte lady Anne"), maar in hierdie geval is "Lady Gaga" die naam van die kunstenaar (net soos "Lady Antebellum").
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Jy moet seker maak dat hierdie besluit verandering ........ .
44 % (afgerond)teweegbring
5 %teweeg bring
10 %te weeg bring
41 % (afgerond)teweegbring of teweeg bring 

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “vitamien – vitamine”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “teweegbring – teweeg bring”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties