0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-01-2026 (vlak 2)



vorige toets 22 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-01-2026 só ingevul:



Chantal kan nie uitgepraat raak oor hoe ........ haar man elke Sondag is nie.
43 % (afgerond)aartslui 
57 % (afgerond)aardslui

Waar byvoeglike naamwoorde gekombineer word met "aarts-" beteken dit 'in die hoogste graad' en nie 'eerste/vernaamste' soos in die geval waar dit met selfstandige naamwoorde verbind nie ("aartsbiskop").
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Die ........ is so klein, dit sal nie die polisie te lank neem om af te handel nie.
ondersoekdjie
2 % (afgerond)ondersoektjie
6 % (afgerond)ondersoekkie
92 % (afgerond)ondersoekie 

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn lang uitgespreekte “a”, “e” of “o”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die betrokke “a”, “e” of “o” word enkel geskryf omdat dit dan in ʼn oop lettergreep voorkom (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die hoofstad van Indië is ........ .

15 % (afgerond)New Delhi
23 % (afgerond)Nieu Delhi
58 % (afgerond)Nieu-Delhi 
3 % (afgerond)Nieu-Deli

Die AWS erken net die spelling "Nieu-Delhi". Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.



Hy het sy setel aan die opposisie afgestaan.
Wat is die woordsoort van "setel" in die bostaande sin?
telwoord
1 % (afgerond)werkwoord
98 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)voorsetsel

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "setel - die setel - setels".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties