17 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-03-2026 só ingevul:
Jeanette is gewoond daaraan om met die minste oor die weg te kom. Wat is die stellende trap van "die minste" in bogenoemde sin?
slegs bietjie bietjie min slegs min bietjie of min
"Bietjie" of "min" is 'n uitsondering op die gewone reëls van trappe van vergelyking. "bietjie" of "min" - "minder" - "die minste"
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Michael is ........ verklaar en mag nie meer werk nie.
medies ongeskik medies-ongeskuk medies ongeskuk mediesongeskik
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2); ons skryf dus "medies" en nie "meedies" nie. In hierdie voorbeeld is "medies" 'n bywoord wat iets meer sê oor die byvoeglike naamwoord "ongeskik" ('nie geskik nie').
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die nuwe musiekvideo van ........ is nogal opspraakwekkend.
Lady gaga lady gaga Lady Gaga lady Gaga
Alle soorte eiename begin met 'n hoofletter. Aanspreekvorme begin gewoonlik met kleinletters ("Geagte lady Anne"), maar in hierdie geval is "Lady Gaga" die naam van die kunstenaar (net soos "Lady Antebellum").
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Jy moet seker maak dat hierdie besluit verandering ........ .
teweegbring teweeg bring te weeg bring teweegbring of teweeg bring
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “vitamien – vitamine”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “teweegbring – teweeg bring”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)