0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 18 DES Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-12-2025 só ingevul:



Markus kan die raarste goed aanvang.
'n Sinoniem vir "raarste" in bostaande sin is ........ .
3 % (afgerond)skaarsste
5 % (afgerond)uitsonderlikste
18 % (afgerond)seldsaamste
74 % (afgerond)eienaardigste 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "raar - eienaardig", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo". Let op dat die woord "raar" in Afrikaans nie dieselfde beteken as "rare" in Engels nie.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Ons moes tydens ons vakansie in een van die ........ plekke vertoef.
onherbergsaam
3 % (afgerond)mees onherbergsaam
88 % (afgerond)onherbergsaamste 
9 % (afgerond)mees onherbergsaamste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “onherbergsaam”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “onherbergsamer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die onherbergsaamste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Sy was in 'n ........ skool.
25 % (afgerond)engelse
75 % (afgerond)Engelse 

Byvoeglike naamwoorde wat van taalbenamings afgelei is, behou die hoofletter van die taalbenaming.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.



Ek was my in die bad.
Wat is die woordsoort van "my" in bostaande sin?
19 % (afgerond)wederkerige voornaamwoord
25 % (afgerond)betreklike voornaamwoord
30 % (afgerond)aanwysende voornaamwoord
26 % (afgerond)wederkerende voornaamwoord 

'n Wederkerende voornaamwoord verwys naar die onderwerp van dieselfde sin. Dit kan voorkom as die beskrewe handeling regstreeks betrekking het op die onderwerp, of as die werkwoord self wederkerend is, byvoorbeeld "my", "jou", "myself", "jouself", "homself", "haarself" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties