18 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-12-2025 só ingevul:
Die navorser het swak werk gelewer omdat hy verdwaal het in die ........ van feite.
dolhof dool hof doolhof dool-hof
ʼn Samestelling ("doolhof") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("dool" en "hof") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Walvisse en dolfyne leef in die ........ .
see seë se
In geslote lettergrepe (soos in die woord “see”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
........ , daar gly die glas uit haar hand!
Woefs Woebs Woeps
Tussenwerpsels is kort woorde ("woeps"), gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Moenie so ʼn ........ wees nie, maak ʼn slag jou kamer aan die kant!
slonssool snolkous slonskous vuilvraat
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "slonskous", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter. ’n "Slonskous" is iemand wat onnet is.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)