04 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-12-2025 só ingevul:
Suurstof is 'n soort gas. Ek kry vanaand besoek van 'n gas. Die woord "gas" in bostaande sinne is 'n voorbeeld van 'n ........ .
sinoniem antifoon homofoon homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “gas” (‘'n stof soos lug’) en “gas” (‘iemand wat 'n mens besoek’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Tijmen is die ........ vent wat ek ken. Dit is onmoontlik om les te gee met hom in die klas.
slegs ongepoetsste slegs mees ongepoetsste slegs mees ongepoetste mees ongepoetste of ongepoetsste
Volgens HAT kan die trappe van vergelyking van die woord "ongepoets" op twee maniere gevorm word - "ongepoets, meer ongepoets, die mees ongepoetste" of "ongepoets, ongepoetser, die ongepoetsste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
James reis nie graag deur ........ nie.
Wes-Europa wes Europa Weseuropa Wes Europa
By meerledige geografiese name, hetsy los of met 'n koppelteken vas geskryf, begin elke deel van die naam met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die bankrowers het ʼn motor gekaap. Wat is die woordsoort van die woord "gekaap" in bostaande sin?
oorgangshoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord byvoeglike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die bankrowers kaap 'n motor. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die bankrowers kaap oral waar hulle gaan. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)