03 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-12-2025 só ingevul:
Ek gaan die lemoen in ........ verdeel.
kwarte quarte quartte kwartte
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("kwart"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die staatsaanklaer het die getuie onder ........ geneem.
krysverhoor kruisferhoor kreisverhoor kruisverhoor
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "kreisverhoor" of "krysverhoor" in plaas van die korrekte "kruisverhoor".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Ek ........ , moenie vir my wag nie.
gaan vanaand uit gaan uit vanaand uit uitgaan vanaand uit uitgaan vanaand
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Ek gaan vanaand uit.” en “Ek wil vanaand uitgaan.”
Sien ook die bladsy Samestellings.
Iemand wat sy vonnis in 'n tronk uitdien, noem ons 'n gevangene. 'n Sinoniem vir gevangene is ........ .
skollie skelm bandiet prisonier
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "gevangene - prisonier", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)