1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 02 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-12-2025 só ingevul:



Wat is die vergelykende trap van "voor op die wa"?
19 % (afgerond)mees voor op die wa
1 % (afgerond)voor-op-die-waër
1 % (afgerond)voor-op-die-waste
78 % (afgerond)meer voor op die wa 

Volgens die AWS is "voor op die wa" se vergelykende trap "meer voor op die wa".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Kry asseblief vir ons ........ om vanaand saam met die tjops te braai.
1 % (afgerond)sossati's
sosati's
96 % (afgerond)sosaties 
3 % (afgerond)sossaties

In woorde van nie-Klassieke herkoms word die [i]-klank hoofsaaklik met "ie" geskryf (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



........ is aan die Horing van Afrika geleë.
Somaliee
4 % (afgerond)Somalia
1 % (afgerond)Soemalieë
95 % (afgerond)Somalië 

Sommige internasionale plekname word verafrikaans. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die woord "spits" in die volgende sinne is 'n ........ .
Die ekspedisie het die spits van die berg bereik.
Elke keer as ek my naam hoor, spits my ore.
1 % (afgerond)sinoniem
17 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)antifoon
81 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “spits” (‘piek van 'n berg’) en “spits” (‘fyn luister’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties