28 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-11-2025 só ingevul:
Die bakleiery tussen die broers was regtig ʼn ........ .
naregheid naaregheid narigheid naarigheid
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Wanneer die koeie van hul kalwers geskei word, hoor jy omtrent 'n ........ .
geloei gegrom gebalk gehuil
Koeie loei of bulk, donkies balk, jakkalse en wolwe huil.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
My broer het dae aaneen gekla oor die klein ........ waarin hy getrap het.
doringtjie dorinkie doringetjie doringkie
Meerlettergrepige woorde wat op "-ng" eindig, word verklein deur die "g" weg te laat en "-kie" by te voeg. Ander voorbeelde sluit in: "sening" > "seninkie", en "koning" > "koninkie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Ons gaan vanaand ........ bestel.
pieza piezza pizza pietsa
Vreemde woorde ("pizza") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)