1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 26 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-11-2025 só ingevul:



Nou kort ek nog net ’n tafel en ........ vir die eetkamer.
1 % (afgerond)stoelens
99 % (afgerond)stoele 
stoels

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is ("stoel"), kry ’n "-e" in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Tydens die onderhoud moes ek vrae van die ........ beantwoord.
84 % (afgerond)paneel 
16 % (afgerond)panel
panneul
1 % (afgerond)panneel

In geslote lettergrepe (soos in die woord “paneel”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



’n Mens kan tweesaadlobbige plante uitken aan hul ........ .
99 % (afgerond)penwortels 
pen-wortels
1 % (afgerond)pen wortels

ʼn Samestelling ("penwortel") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("pen" en "wortel") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die bokser het opponent 'n behoorlike opstopper gegee.
Wat is 'n sinoniem vir "opstopper" in bogenoemde sin?
pleister
99 % (afgerond)vuishou 
toejuiging
applous

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. 'n
sinoniem vir "opstopper" is 'n "vuishou".
"Toejuiging" en "applous" is ook sinonieme van mekaar.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties