1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-11-2025 (vlak 3)



vorige toets 24 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-11-2025 só ingevul:



Die Onderwysdepartement het die ........ verander.
73 % (afgerond)kurrikulum 
9 % (afgerond)kurikullum
2 % (afgerond)kurikkullum
16 % (afgerond)kurikulum

In verafrikaanste woorde word die spelling dikwels verander: "curriculum" word "kurrikulum".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Jy kan ........ tyd jou ouma besoek.
55 % (afgerond)te eniger 
20 % (afgerond)ter eniger
14 % (afgerond)te enige
12 % (afgerond)ter enige

Die vaste uitdrukking "te eniger tyd" beteken 'enige tyd'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die vliegtuig het in die moeilikheid beland toe 'n ........ ontplof het.
65 % (afgerond)litiumbattery 
4 % (afgerond)lithium battery
29 % (afgerond)lithiumbattery
2 % (afgerond)litiumbatery

ʼn Samestelling (“litiumbattery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“litium” en “battery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



ʼn Tydperk van 1 000 jaar word 'n ........ genoem.

7 % (afgerond)milennium
51 % (afgerond)millenium
4 % (afgerond)milenium
39 % (afgerond)millennium 

Die woord "millennium" is afkomstig uit die Latyn, "mille" wat 'duisend' beteken en "annus" wat 'jaar' beteken.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
58% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties