1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 21 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-11-2025 só ingevul:



Moenie sommer net in daardie produk belê nie. Ek het gehoor dis 'n ........ en jy kan al jou geld verloor.
1 % (afgerond)trick
93 % (afgerond)truuk 
6 % (afgerond)triek
trik

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “triek” in plaas van die korrekte “truuk”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Jy vra haar verniet! Sy is so dig soos 'n ........ .
5 % (afgerond)skottel
5 % (afgerond)emmer
85 % (afgerond)pot 
5 % (afgerond)kan

Om "so dig soos 'n pot" te wees, beteken 'om 'n geheim goed te kan bewaar'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



As jy groot en sterk wil word, moet jy al jou kos ........ !
78 % (afgerond)opeet 
4 % (afgerond)op-eet
18 % (afgerond)op eet

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Hy eet sy kos op.” en “Jy moet jou kos opeet.” (AWS 14.48).
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek bly in 'n "town house" in Pretoria. Die Afrikaans vir "town house" is ........ .

37 % (afgerond)meenthuis of dorpshuis
2 % (afgerond)stadshuis
60 % (afgerond)meenthuis 
1 % (afgerond)dorpshuis

Die Engelse begrip "town house" verwys eintlik na skakelhuise met meer as een verdieping.
(Bron: www.oxforddictionaries.com) In die Suid-Afrikaanse konteks verwys dit egter na 'n behuisingsontwikkeling wat volgens dieselfde plan gebou is maar elkeen 'n afsonderlike wooneenheid is (Bron: HAT). "Dorpshuis" staan teenoor "plaashuis".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties