1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 21 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-11-2025 só ingevul:



Ons ........ daaraan om te emigreer.

dank
85 % (afgerond)dink 
15 % (afgerond)denk
dunk

Die woorde "dank", "denk", "dink" en "dunk" is almal verwant maar het verskillende betekenisse. Die woord "dank" beteken 'waardering' of as werkwoord 'om dank te betuig'. Die woord "denk" word nie meer in moderne Afrikaans gebruik nie behalwe in afleidings soos "denker" - 'iemand wat dink'. Die woord "dink" is die werkwoord wat min of meer 'besluit' beteken. Die woord "dunk" is 'n sinoniem vir 'mening'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Dankie vir jou verskoning, ek ........ jou.
1 % (afgerond)vergegewe
gevergewe
fergewe
99 % (afgerond)vergewe 

Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin ("vergewe"), kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Meteens begin die wind ........ waai.
storem sterk
2 % (afgerond)storemsterk
96 % (afgerond)stormsterk 
3 % (afgerond)storm sterk

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde en word vas geskryf, behalwe "wawyd oop".
Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Die mynwerkers moet elke dag in die mynskag afgaan.
Die woordsoort van "afgaan" in bostaande sin is 'n ........
telwoord
1 % (afgerond)bywoord
naamwoord
99 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Skeibare werkwoorde kry "-ge-" in die verlede tyd, byvoorbeeld "afgaan - afgegaan".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties