20 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-11-2025 só ingevul:
My ma wéét hoe om ........ te maak.
oëblietjies oblitjies obliekies oblietjies
Oblietjies is bros, papierdun skyfies wat soos klein kunswerkies lyk. Die term “oblietjie” kom van die Latynse "hostia oblata". Die lekkerny het sy oorsprong tydens die Middeleeue gehad toe kerke nagmaal daarmee gevier het. Die meeste Suid-Afrikaners ken dit vandag as "brandy snaps", maar party verkies gemmerkraakrolletjie (Peter Veldsman se mooi vertaling). Bron: http://www.kossestorie.co.za/stories/resepte/oblietjies/
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
'n Fabriekswerker het gesterf nadat ........ bo-op hom geval het.
masjineri masjienerie masjinerie mashinerie
In afleidings met agtervoegsels van Romaanse en Klassieke herkoms, wat deur 'n [i]-klank voorafgegaan word, word die klank met 'n "i" geskryf, byvoorbeeld "distansieer", "finansieel", "materiaal", "masjinerie" en "naïwiteit" (AWS 16.12).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die motor maak 'n groot lawaai as ek om 'n draai gaan. Dit beteken waarskynlik dat die ........ vervang moet word.
konstante snelheidslas-as konstantesnelheidslasas konstante snelheids las as konstante-snelheids-las-as
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "konstante" + selfstandige naamwoord "snelheid") en ʼn selfstandige naamwoord "lasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Wat is die meervoud van "cul-de-sac"?
slegs cul-de-sac's slegs cul-de-sacs culs-de-sac of cul-de-sac's cul-de-sacs of culs-de-sac
'n Ander woord vir "cul-de-sac" is "doodloopstraat". 'n Ander woord vir "cul-de-sac" is "doodloopstraat" en kom uit Frans. Sommige vreemde woorde behou hul oorspronklike spelling. Volgens HAT6 word dit uitgespreek as "kuul-de-sak".
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)