1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 20 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-11-2025 só ingevul:



Die regter gaan eers die verslag ........ voordat hy 'n uitspraak lewer.
96 % (afgerond)bestudeer 
4 % (afgerond)besigtig

Die woord "bestudeer" beteken 'versigtig deurlees' en verwys gewoonlik na geskrifte. Die woord "besigtig" slaan op besienswaardighede soos beelde, die natuur, museums, kunswerke, ens.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Ek het gister 'n kort ........ van die baas gekry.
1 % (afgerond)e-postjie
15 % (afgerond)epossie
epostjie
84 % (afgerond)e-possie 

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die ........ van die motor het ongedeerd van die ongeluk afgekom.
96 % (afgerond)bestuurder 
1 % (afgerond)ryer
2 % (afgerond)drywer

Hoewel die woord "drywer" in die omgangstaal baiekeer in plaas van "bestuurder" gebruik word, word dit nie aanbeveel nie, byvoorbeeld "vragmotorbestuurder", "busbestuurder". Die persoon wat in beheer van 'n trein is, is 'n "masjinis". 'n Sinoniem vir motorbestuurder is "motoris".
(Bron: Skryf Afrikaans en HAT)
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Hy het deur sy vinnige reaksie ʼn ongeluk voorkom.
Wat is die woordsoort van "voorkom" in bostaande sin?
11 % (afgerond)bywoord
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord
11 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
75 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties