19 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-11-2025 só ingevul:
Al hulle pogings om na oorlewendes in die wrak te soek was ........ .
tefergeefs te vergeefs te fergeefs tevergeefs
Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-s”) wat ʼn woordgroep (“te vergeef”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Die paramedici het die ........ na die trauma-eenheid gehaas.
pasiënt pasieënt pasjent pasjiënt
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die skoot gaan af en daar lê die bok ........ in die veld.
morsdood mossiedood wurmdood
Die intensiewe vorm van "dood" is "morsdood". Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die hoofstad van die Noord-Kaap is ........ ..
Upington Springbok Steinkopf Kimberley
Die hoofstad van die Noord-Kaap is Kimberley en is vernoem na die Britse Sekretaris vir die Kolonie, die Graaf van Kimberley. Bron: af.wikipedia.org/wiki/Kimberley
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)