1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 05 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-11-2025 só ingevul:



Die pophuis staan op vier ........ .
5 % (afgerond)pilaarkies
95 % (afgerond)pilaartjies 
pilarentjies
pilaarsies

Naamwoorde wat op "l", "n" of "r" eindig, voorafgegaan deur ’n tweeklank, [ә]-klank of lang vokaal, kry "-tjie" in die verkleiningsvorm (AWS 15.6).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die vrou wat so met haar kinders raas, het darem 'n baie ........ stem!
1 % (afgerond)skrul
5 % (afgerond)skrel
93 % (afgerond)skril 
1 % (afgerond)skral

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “skrul” in plaas van die korrekte “skril”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Van die oomblik dat die ........ ʼn mens binnenooi, voel jy tuis in dié gastehuis.
100 %gasvrou 
gas-vrou
gas vrou

ʼn Samestelling ("gasvrou") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("gas" en "vrou") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die woord "monster" in die volgende twee sinne is ’n voorbeeld van ’n ........ .
In sprokies en kinderverhale is daar dikwels ’n monster wat die karakters bang maak.
Die verpleegster gaan ’n monster van jou bloed neem.
3 % (afgerond)sinoniem
2 % (afgerond)antoniem
8 % (afgerond)homofoon
86 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "monster" (‘gewoonlik ’n fiktiewe wese wat bang maak’) en "monsters" (‘klein hoeveelheid van iets byvoorbeeld bloed of parfuum’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties