1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 04 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-11-2025 só ingevul:



Die musiek wat van die stadion af dreun is nog ........ as met die vorige vertoning.
3 % (afgerond)meer luider
96 % (afgerond)luider 
mees luid
1 % (afgerond)luier

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “luid”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “luider” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die luidste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Ek verstaan jou ........ glad nie!
1 % (afgerond)ridenasie
98 % (afgerond)redenasie 
1 % (afgerond)redenaasie
ridenaasie

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die persoon wat gevaarlike toertjies op 'n filmstel doen, is 'n ........ .
98 % (afgerond)waaghals 
1 % (afgerond)waagwillie
1 % (afgerond)doenals
1 % (afgerond)dapperdirk

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “waaghals”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Baie mense glo onwettige immigrante ........ die ekonomie.
86 % (afgerond)skaad 
6 % (afgerond)beskadig
8 % (afgerond)skend

Die woord "skaad" beteken 'nadeel aandoen'; die woord "skend" beteken 'beseer'; die woord "beskadig" is om 'skade aan te rig'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties