'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "vertrap" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ek glo geen woord van daardie storie nie; dis pure ........ !
onssin ons s'n onsin on sin
Die woord "onsin" is 'n samestelling van die setsel "on-" en die naamwoord "sin". Samestellings word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ voor ek op vakansie gegaan het, moes ek my ma daarop voorberei.
weke Weke
Die eerste woord in 'n sin, solank as wat dit nie 'n syfer, getal of simbool is nie, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Kinders is gek oor bak en ........ .
bro brou brouw
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “bak en brou”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)