31 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 31-10-2025 só ingevul:
Die ........ was grootliks suksesvol.
ter tafellegging tertafellegging tertafel legging ter tafel legging
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ing") wat 'n woordgroep ("ter tafel lê") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Henk snoei die rose. Onder watter kategorie van die woordsoort val "Henk" in bostaande sin?
massaname persoonsname soortname mensname
Onder die kategorie eiename tel persoonsname oftewel die name van spesifieke persone. Hierdie name neem gewoonlik nie meervoud nie en word altyd met 'n hoofletter gespel.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Dit was ........ of ons is betrap.
so hittete sohittette so-hitte-te so hittette
Die kollokasie "so hittete" beteken 'byna, ampertjies'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Baie lande in Afrika het ........ as gevolg van kolonialisering.
verfrans ver-Frans Verfrans
Werkwoorde wat op eiename (insluitende geografiese name) of taalbenamings berus of daarvan afgelei is, begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)